MEDIA BRIEF: Brief
aan Rapport: Tyd dat Christene saamstaan by Politieke Party wat hulle
verteenwoordig
13 Augustus 2008
Geagte
Redakteur – Vir
publikasie
Dr Rex le Roux raak 'n baie belangrike saak in sy brief van 3 Augustus
aan onder die titel "Tyd dat Christene politieke party vorm".
Dit is naamlik dat as ons as Christene op politieke terrein saamstaan,
ons die meerderheid in die parlement sal kan hê!
Wat egter nie duidelik blyk nie, is die feit dat daar rééds 'n
Christelike politieke party is wat Christene uit alle agtergronde
verwelkom en verteenwoordig. Die party waarvan ek praat is
die Afrika Christen Demokratiese Party, oftewel ACDP onder die
leierskap van Eerwaarde Kenneth Meshoe.
'n Paar feite:
Eerwaarde
Meshoe het die ACDP laat in 1993 tot stand gebring toe dit destyds
reeds duidelik was dat die partye wat die land se tussentydse grondwet
onderhandel het, die Christene se mening verontagsaam het en dat ons
land afstuur op 'n sekulêr-humanistiese bestel.
In
die verkiesing van 1994 het die ACDP 2 setels in die parlement gewen,
in 1999 was dit 6 setels & in 2004 was dit 7 setels.
Dus is daar groeiende steun.
Die ACDP is die enigste party met verkose verteenwoordigers
op Nasionale, Provinsiale & Plaaslike regeringsvlakke wat
deurgaans –oor die afgelope 14 jaar – Bybelse beginsels in sy beleid,
toesprake en optrede uitgeleef het. Vir watter rede sou 'n
mens 'n nuwe Christen party tot stand wou bring?
Die ACDP was die enigste party wat in 1996 téén die
grondwet gestem het, o.a. omdat die grondwet nie die Almagtige God as
Oppergesag erken het nie; die reg van lewe nie die voorgeboorte baba
beskerm het nie; die huweliksdefinisie nie die moontlikheid van selfde
geslag huwelike uitgesluit het nie; ens. Ons is ten gunste
van 'n grondwetlike bestel, solank dit nie die Bybelse waardes
weerspreek nie. Laat 'n mens wonder wat die woord
"Christen" in ander partye se name beteken?
Die ACDP se steun is versprei onder alle rassegroepe
(swart, bruin, blank, indiër en ander), kulture & tale (ja, al
11 tale); kerkgroepe (van Rooms-Katoliek tot Charismaties), en het
verteenwoordiging in elke provinsie.
Ek maak
'n beroep op Dr le Roux en ander Christene om saam te staan en te
verening onder die vaandel van die ACDP om Bybelse beginsels in die
regering van ons pragtige land terug te bring! Kry gerus meer
inligting by www.acdp.org.za .
Die uwe
Richard Dinkelmann
ACDP Councillor/ Raadslid: Tshwane Metro
Mobile: +27 (0)83 263 2664
Fax: +27 (0)86 671 9044
email: rwdinkel@mweb.co.za