MEDIA VRYSTELLING:
ACDP raadslid moes skuiling neem teen koëls tydens gewapende roof
15 November 2007

 

MEDIA VRYSTELLING

ACDP raadslid moes skuiling neem teen koëls tydens gewapende roof (09:30 vanoggend)

Vanoggend omstreeks 09:00 is ek en 'n vriend na die splinter nuwe Irene Mall om te gaan koffie drink en die nuwe sentrum te bekyk.

Terwyl ons so loop en na al die nuwe winkels kyk hoor ons 'n harde klap geluid.

Ons altwee dink toe dat daar van die gebou materiaal dalk geval het.

Ons sien toe 'n vrou wat koes en my vriend Willem sien toe 'n gewapende rower met 'n balaklawa oor sy gesig.

Dis toe die dat ons binne in Foshini gaan skuil.

Daar het ek die Metro Polisie, as ook inspekteur Chetty van die SAPS, geskakel.

Toe ons probeer om uit te gaan het ons weer geweerskote gehoor en die kruit geruik.

Die winkel assistente was baie benoud.

Soos ek kan aflui was daar 'n gewapende roof by die juweliers winkel.

Veiligheid in hierdie land is al lankal 'n krisis wat buite beheer is.

So 'n ondervinding is nie lekker nie ek sê weer ons lewe in tye van 'n nie-amptelike oorlog.

Al manier hoe ons hierdie wilde weste stories van Suid Afrika kan uitsorteer is om 'n nood toestand te verklaar teen misdaad.

Onderandere beteken dit dat daar meer doeltreffend teen misdadigers opgetree kan word.

AnneMarie Sparg
ACDP Raadslid Tshwane Metro
079 498 6971