MEDIA RELEASE: We are living in a WAR zone - ACDP Gauteng
5 July 2007
Media Vrystelling
Misdaad se nuwe vertaling is OORLOG – ACDP Gauteng
Die ACDP in Gauteng is uiteraard erg ontstig oor die skerp toename in
moorde in die provinsie – ‘n toename van effektief 7
persent op die vorige jaar, en veel hoer as die land se gemiddeld. Met
‘n taamlike skerp toename in strafbare manslagsake, het amper 7
000 mense in een jaar in hierdie provisie weens die onwettige of
nalatige toedoen van ander gesterf.
So sê die ACDP se Gautengse woordvoerder en Tshwane-raadslid,
AnneMarie Sparg. Gauteng se moordsyfer per 100 000 van die bevolking is
nou effektief dieselfde as die land se gemiddeld, wat min rede tot
gerustheid skep omdat die land se gemiddeld danksy uitsonderlike
omstandighede in die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap besonder
hoog is. Suid-Afrika se gemiddeld van 40 per 100 000 per jaar vergeleke
met die wêreldgemiddeld van 5 per 100 000 per jaar spreek vanself.
Die skerp toename in die verskillende vorme van rooftogte, is nie net
vir Gauteng slegte nuus nie. Ervaring uit die verlede dui daarop dat
die booswigte bloot met ‘n suksesvolle modus operandi na
omringende provinsies uitwyk, as die wetstoepassers hier die net te nou
begin span.
Dus kan ons maar doodeenvoudig die gevlogtrekking maak dat ons in 'n oorlogsone woon.
We are living in a WAR zone - ACDP Gauteng
The ACDP in Gauteng is concerned about the increase of murder in the
province - with an increase of 7 percent on the previous year's
statistics, we find ourselves with an average that is higher than the
country's average.
ACDP Councillor, AnneMarie Sparg, stated that we have 7000 people in
this province who died as a result of unlawful actions on behalf of
others. This is clearly a situation of some type of war and not just
crime that is out of control.
The Gauteng murder stats are now the same as the country's average of
40 per 100 000 people. Compare this with the figure of 5 per 100 000 in
the world and make your own conclusion.
The sharp increase of all types of robberies, with specific reference
to armed robberies, is bad news to the citizens of Gauteng, and this
leads to a simple interpretation - we are living in a war zone.